top of page
glftkc.png

'n Meisie-Meisie

Anria Breed

​

Roelien moet terug na die familieplaas terwyl haar ma se boedel afgehandel word. Terug na die plaas wat haar pa opgegee het vir ’n lewe in die stad. Dis ’n groot aanpassing en haar wildebras niggie kan maar net nie help om dinge onaangenaam

te maak nie. Dis egter die aantreklike plaasvoorman en die jong prokureur uit die stad wat vir Roelien – en haar niggie – in twyfel laat oor familie en liefde … en beide moet die keuse maak tussen plaas en stad.

qgrtal.png

Katrien

Anria Breed

​

Katrien staan op trou met ’n man wat haar alles sal gee. ’n Maand voor die bruilof verklaar hy egter dat hy wil nooit kinders hê nie. Ten einde hierdie toekomstige leemte in haar lewe te verwerk, gaan stap Katrien in die berge. Daar word sy beseer toe sy gly en val, maar word gehelp deur ’n eksentrieke bergman en sy hond.

Katrien moet nou besluit of sy vir altyd in ’n weelderige, maar kinderlose huwelik wil wees, en of sy alles moet laat vaar om uit te vind wie is die aantreklike bergman wat homself so afsonder van die wêreld.

kncfqx.png

Die Cliché-Moord

Anria Breed

​

’n Spook in ’n koringland op ’n plaas tussen êrens en nêrens. Hoe cliché.

Heidi se wêreld tuimel inmekaar toe haar man hulle bankrot dobbel, en haar enigste heenkome is om saam met haar ma en ouma in ’n plaashuis te gaan woon. Omring deur koringlande en platsak, moet sy die dorp se mense trotseer om haar waardigheid weer op te bou en ’n nuwe lewe te begin.

Dis egter nie so maklik nie, met Ben (haar aantreklike buurman), Nicolaas (’n pierewaaier uit die stad) en Werner (die man van wie sy wil skei) wat aldrie meeding om haar aandag. En oom Daan wat elke aand in die koringland spit spit spit …

bmpeec.png

My lewe in 'n tas

Anria Breed

​

Na jare van weghardloop besef Miena dat sy moet terugkeer na die huis waar sy grootgeword het, om haar verlede te konfronteer.

Daar ontmoet sy Dawid, wat nie haar verlede ken nie. Hy stel ook nie daarin belang nie, maar Miena is bang dat sy hom sal verloor as hy weet wat daardie aand, agt jaar gelede, gebeur het.

fpbqmm.png

Skoenpolitoer vir die liefde

Anria Breed

​

Nicolette het ’n oordeelsfout gemaak.

Nou, nege maande later, verander haar eensame bestaan op verskeie vlakke wanneer sy saam met die geheimsinnige man in woonstel ‘16’ afry in die hysbak en in kraam gaan. Hy help haar om by die hospitaal te kom en, alhoewel hy na die tyd baie behulpsaam en ordentelik optree teenoor haar en haar klein babatjie, kan Nicolette nie anders as om te dink dat hy meer soek as net vriendskap nie. Geen man is so goed en verdraagsaam nie, veral nie teenoor ’n enkelma van ’n pasgebore baba nie! En wat is nogal die kastige ‘projek’ wat hy alewige as verskoning gebruik waarom hy nie gereeld kan kom kuier nie?

Nicolette se verstand sê dat hy haar net aan ’n lyntjie hou vir ingeval, maar haar hart skree LIEFDE!

czhdor.png

Die nege siele van Joshua Duran

Adriaan Breed

​

Joshua Duran is die Orde van Kwaad se beste sluipmoordenaar. Sy nuutste teiken is Zeetha Ponce, dogter van die hoof van die Orde van Goed.

Alles verloop volgens plan, totdat hy in haar oë kyk. Hy kan nie sy opdrag deurvoer nie en dit veroorsaak ’n skokkende gebeurtenis: ’n vals siel verlaat sy liggaam en vertel aan hom dat hy nie werklik is wie hy gedink het hy is nie.

Gaan Joshua Duran sy verlede konfronteer en sy toekoms opeis … of gaan hy aanhou moor in die naam van die Orde van Kwaad?

NUUT

 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page