En.
- Anria Breed
- Jan 18, 2019
- 1 min read
Updated: Jan 21, 2019
Twee is beter as een,
“ there is no I in team ”.
Wat is dan lekker daaraan,
om alleen uit te gaan?
Twee musse in een kop,
two hearts are better than one.
’n Plan wat uitgedink is deur twee,
sal mos nie maklik flop?
’n Ware Vriendin wat jou bystaan,
is belangrik en goed en perfek.
Dus die woordjie ‘ en ‘ ingewerk
by amper elke titel wat bestaan.
Hansie én Grietjie,
Sneeuweitjie én die Sewe dwerge.
Selfs Heidi het vir Peter
daarbo in die berge.
En ek het ’n paar en’e,
wat altyd daar is vir my.
Familie én Vriende én Lesers
staan my nog altyd by.
Omgee in oorvloed
gemaal met gevoel,
én liefde met oorgawe
is wat ek bedoel.
Twee is beter as een,
niks is lekker alleen.
Maak oop jou hart en wag,
want daar is meer as genoeg genade
vir elke dag.

Comments