Vrou-en ma wees
- Anria Breed
- Jan 23, 2019
- 1 min read
’n Vlinder sag en fyn, so is ’n vrou se welstand.
Jy praat net te hard of te min en haar sagte hart verbrand.
Om elke oggend met hoop en verwagting op te staan,
is waarvoor sy bid.
Om vreesloos en vol moed deur ’n enkele dag te gaan.
Maar kinders klein en soms ook groot, die met hare op hul wang
maak dit moeilike en is sy tog o-so bang
sy word onnodig kwaad of haar hart word sonder rede seer
maar dit gebeur daagliks elke keer weer en weer.
’n Dag wat vlotloop is wat haar verras en die vertroue terug in gebed sit.
Want om te skree op haar geliefdes is wat haar walg,
want die taal wat sy praat is eintlik rou liefde.
. . . en onnodig sonder rede is iets wat nie bestaan,
as jy ’n vrou is en die lewe jou keer op keer verslaan.
En saans as ’n vrou in haar warm bed lê
weet sy ook haar lewe is tog presies soos sy dit wil hê,
met kleine arms om haar nek,
of ’n warm bors wat haar trane mag vlek.
(aan Liza Kruger, 21/01/2019)

Baie dankie vir die ware gevoelens mens weet jy is ook 'n ma en vrou wat dit elke dag voel. Lief Jou!