Aanhouer wen … nie altyd nie.
- Anria Breed
- Jun 6, 2019
- 1 min read
Reg, … kokosneut, coconut, klapper.
My brein verstaan steeds nie hoekom werk dit nie om net ‘n resep te vat en al die gluten en suiwel te vervang met coconut nie?
Byvoorbeeld.
Die kinders bly so-o l u s vir pannekoek. Nou reken ek, dit kan mos werk? Vat presies dieselfde heerlike, perfekte, eenvoudige resep van my ouma maar in stede van beesmelk, gooi in coconut milk, en los die koring-gluten-meel en gebruik coconut meel. O, en olie. Coconut olie. Hoe gesond???
Nee!
Dit werk nie. Hoekom werk dit nie?
Ek kan nie verduidelik wat uitgekom het nie. Dis sagte klonte, wat brokkel. Dis nie ‘n loperige deeg soos wat pannekoek deeg moet lyk nie.
En toe dink ek, wat van plaatkoekies maak daarmee? Nee. Dit bind nie.
Dit bind nie!
Toe dink ek miskien kan ek die deeg vat en verwerk in deeg vir koekies?
Want mens kan mos net bakpoeier en vanilla en botter byvoeg? Dit moet mos kan werk?
Nee.
Niks het gewerk nie.
Die koekies het net gebrand, of nie gaar geword nie. Daar is niks tussenin nie. Dit proe amper soos klapper-fudge… maar rou. Nee sies, ek het lanklaas so ‘n groot gemors aangevang en soveel deeg (wat nie soos deeg lyk nie) weggegooi!

Commentaires