top of page

Die tande het gewaai

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Oct 6, 2019
  • 1 min read

Igie se tande is uit!


Uiteindelik. Wat 'n storie? Maar die medies het dit goedgekeur en Igie is Donderdag in en die tand wat pla is getrek (en sommer nog 'n paar) en daar is 'n wortelkanaal gedoen en 'n tand is gefix.


Arme ding. Ek was 34 jaar oud toe ek 'n wortelkanaal vir die eerste keer beleef het. Ai... maar sy tandjies is nou pragtig en hy slaap die nag deur!


Goed, toe mag Igie niks warms eet vir die res van die dag (Donderdag) nie en ook net sagte kos vir so dag of wat na die tyd.

Gah!


Probeer suiwel en gluten vrye sagte, koue kos opspoor om vir 'n dood-hongor kind te gee wie pas wakker geword het uit narkose uit? (En selfs die dae daarna want sy mond was verskriklik seer want hy het reus tande, nie mens tande nie.)

Onmoontlik!


Ek het maar net gestick met gluten vry ... die suiwel het deurgeglip.

Maar toe kry die arme kind mondsere en wie weet wat en ek dink vandag, 'n week later kon hy vir die eerste maal eet sonder om te krul van die pyn.


Mammas, gluten is sleg vir jou kinders se tande ook!


Nou is dit net weer die 16de (op sy verjaarsdag, arme kind) die ogies en dan is die jaar klaar. Ek weet nie of sy dinge ooit sal klaar wees nie, maar ons vorder. Stadig maar seker vorder ons en word hy beter en word sy pyn en ongerief ook minder!




Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page