Wie is LizaQ
- Liza Krüger
- Aug 11, 2020
- 1 min read
So my sus Anria Breed van Anria se Stories het gesê ek mag maar haar blog deel met stukkies wat ek skryf. As n 33 jarige ma van n 8 jarige seun is ek liefdevolle ma, vrou, suster, dogter en vriendin. Ek is n giggelende mens vol spelvoute! So as julle my stukkies lees moet julle asb net nie n bril opsit of rooipen uithaal nie.
Ek werk as administratiewe dame vir n explosive company saam met my man Johan. Ons is al amper 10jaar by BME.
Ons trek nogals baie rond. Laaste 15jaar het ek al in Brits, Skeerpoort, Potgietersrus, Middelburg, Witbank, Oos London, Cradock en tans in Kimberley gebly. Dis nie lekker om rond te trek saam die werk nie en my hart verlang na Skeerpoort waar ons nou ons eie plaashuisie gekoop het.
Ek is lief vir stukkies skryf en om vir mense mooi logos, advertensies en uitnodigings te ontwerp.
Ons het 2 spierwit katte Bubbles en Buttercup. Ja hulle is deel van die powerpuff girls ons sal eendag ons hondjie na Blossom vernoem.
My gunsteling kos is n lekker Hawain pizza met ekstra kaas en greenpepper op. En n lekker chicken homemade hamburger met pynappel en alles wat jy kan opsit. Gunsteling koeldrank is Spritte, chocolate milksake maar niks sal my koffie kan wegneem nie. Ek is mal oor helder kleure maar pienk bly maar die mooiste.
So ja ek dink dis darm veel genoeg om julle so idee te gee van wie ekke is. Julle mag maar vrae vra en saam ons hierop gesels.
Geniet julle SA Lockdown period en asb mense Stay Safe!
Lovies LizaQ
Comments