top of page

Boelie

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Feb 19, 2019
  • 2 min read

Waarskuwing: Die inligting wat volg is kras en eerlik.


13.

Ek lees op Maroela Media van die dertienjarige meisie in Pretoria-Noord wat haar eie lewe geneem het as gevolg van die optrede van ander haatlike kinders in haar lewe.

Ek is kwaad.

Ek is naar.

Ek het ’n aaklige hoendervleis-gevoel wat oor my spoel.


Ek vat niks weg van seuns (mans) nie. Ek kan egter net praat as ’n vrou. As ’n dertienjarige meisie wat self deur spot is wat ek glo beskryf kan word as boelie.


Dertien is ’n baie belangrike ouderdom. Mens word gemaak of gebreek op dertien.


Die oomblik wat ek borste begin ontwikkel het, is ek gespot daaroor. By die huis, (ek is lief vir jou boeta) moes ek hoor dat ek het “moerse kanne”. By die skool, ek was graad ses, moes ek hoor dat wanneer ek hardloop is daar ‘sound effects’ – jy weet, “doing, doing, doing” ... o en moet nie die opmerkings oor my ‘groot’ boude vergeet nie. “Sy wil net haar dik gat op die verhoog kry.”


Woorde wat deur ander kinders gesê is, maar wat ek nou nog kan hoor, in dàài kinders se stem.


Ek is net dankbaar daar was nie sosiale media toe ek op skool was nie.


Sportpreiodes wanneer ons ander klere moes aantrek is die badkamerdeur oopgestamp sodat al die meisies vir my, wie al een was wat ’n sportbra moes dra, kon lag. Ek voel nou-nog die skaamte oor my val. Die vernedering. Die wonder oor hoekom moet ek hierdeur gaan? Is borste dan nie normaal nie? Is dit nie iets wat elke vrou een of ander tyd gaan kry nie? Hoekom maak hulle dit af as ’n straf, ’n skande, ’n siekte!


Jare later het ek steeds issues oor my ‘groot’ borste (en boude) gehad. Dit het baie werk gekos om nie met geboë skouers te stap nie. Om trots te wees oor my bates. Om te aanvaar dat wat ek het, nie ’n skande is nie – dat dit nie AL is wat ek is nie.


Die spot in die laerskool, die afbreek, die vernedering ... het my selfbeeld weggeneem en ’n pad oomgemaak vir baie leliker, dieper mishandeling.


Miskien moet elke meisiekind op dertien 13 reasons why kyk? Of ek weet ook nie. Miskien moet ouers net hul kinders leer om ander mense te respekteer?


Verduidelik aan jou kind dat almal uniek is. Dat almal anders is. Dat elke persoon se ontwikkeling anders is.


Maar die belangrikste vir my, leer jou kind dat dit nie saak maak wat ander mense van jou dink nie. Hammer dit in. Preek dit elke dag. Elke liewe freaking dag! God het jou gemaak soos jy is, want vir Hom is jy volmaak. Dit is hoe Hy jou wou hê.


Kinders wat jou spot, kinders wie boelie, luister na die duiwel. Punt oor en uit. Leer jou kinders reg. Leer jou kinders beter, asseblief.


Dit was nie nodig vir die arme kind om te sterf nie, al is sy nou in arms wat haar troos.  




Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page