top of page

Deel 2 (My uitdaging is voltooi)

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Aug 8, 2019
  • 1 min read

Tyd is vir my soos tandpyn. Maak nie saak wat jy doen nie, jy kry dit nie gekeer nie.


Arme Igie. Hy loop al vier maande met die vreeslikste tandpyn rond, net omdat hy weier dat iemand ‘n naald in hom druk. “Mamma, ek wil slaap in die hospitaal en as ek wakker word moet dit klaar wees.”


Wat ‘n gesukkel! Soms wonder ek of mediese fondse daarvan hou om steeks te wees?


Steeks, soos tyd. Tyd wat met mens weghol. Tyd wat verbyglip terwyl jy lewe. Terwyl mens net die nodigste goed doen wat elke dag gedoen moet word. ‘n Gejaag … darem nie na niks nie, maar dit voel net dat al staan ek soggens 04:00 op, die dag steeds te kort is!


Tog, ek het my kinderboek klaar geskryf gekry.


Wat ‘n reis! Wat ‘n ondervinding! Ek het nie gedink dat ek dit sal kan doen nie. Ek is sò lief vir emosie-gedrewe boeke (en gedigte) dat ek gedink het dit sal onmoontlik wees om ‘n vrolike storie te skryf oor ‘n vrolike allerdaagse (maar ook tog ‘n bietjie anderse) meisie wat ‘n baie interessante raaisel moet oplos terwyl niemand haar werklik wil glo nie.


Maar ek het.


En ek het dit geniet.


En my uitgewer is tevrede! Whoohoo!



Comentários


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page