top of page

Die Cliché-Moord

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • May 29, 2019
  • 2 min read

Fases. Ek dink ons gaan almal deur verskillende tipe fases in ons lewe. Ek dink ook dat vriendelike FB met sy “memories” ons daagliks daaraan herinner dat sommige fases dalk nie so goed was soos ander nie – maar ek dink elke fase in ‘n mens se lewe, is nodig.


Ek meen, hoe anders gaan jy uitkom waar jy moet?


Ek reken fases help jou om te groei, om jouself te leer ken en dinge ontdek wat jy van hou en ook besluit wat jy nie van hou nie.


Ek het ‘n kortverhaal-fase gehad. Dit het deels gegaan omdat kortverhale heerlike inkomste bied. Goed, ek het dit al iewers genoem, so verskoon tog as ek myself herhaal – maar ek wou nog altyd ‘n skrywer wees. Ek het myself nooit regtig ingesien as net ‘n digter nie. Maar omdat my boeke nie “goedgenoeg” was nie, maar my gedigte wel, het ek vir lank daarop gefokus. Ek het my storie idees dan in kortverhale omskep en dit is hoe ek die Vrouekeur-aanlyn kortverhaal kompetisie in 2015 kon wen.


Een van my kortverhale gaan ook binnekort in die nuutste uitgawe van die KOOS-tydskrif verskyn. (Kontak my asseblief indien jy belangstel in die boek, dis propvol kortverhale en baie unieke artikels)


Die Cliché-Moord was ook veronderstel om ‘n kortverhaal te wees. Maar Heidi het net te veel gehad om te vertel en Ben, die buurman… groot en stil en sterk … sy liefde vir Heidi het alles oorsien.


Ag en die spook – oom Daan, die kortverhaal moes eintlik oor hom gegaan het. Maar die cliché dorpie in die middel van nêrens, wou net nie stil nie.




Comentarios


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page