top of page

Dit proe na...

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Dec 20, 2018
  • 2 min read

Ek besluit om net deur die reedsgebaktebroodrak in Pick ’n Pay te stap, want net miskien is daar ’n rysbroodjie en ek het nog nooit geproe hoe proe ’n rysbroodjie nie ...


Ons mag nie rogbrood eet nie. Rog, is gluten.


In vrolike pienk sien ek toe fresh earth bake house se gluten, soya & cow’s milk free hot dog rolls. R56 vir vier. Ek reken, dis die proe werd? Na my flop broodjiebak episode besluit ek toe om eers te proe hoe proe gluten vrye brood, voor ek weer deur al daardie moeite gaan om ’n broodjie te bak.


My kinders was lanklaas so opgewonde om brood te eet! Vreemd genoeg, Igie was nooit lief vir brood nie. Ek kon nie vir hom ’n “broodjie” inpak vir skool nie. Danel sou soms brood eet, soms nie.


Ek het by verskeie mense die raad gekry dat, dit is soms beter om iets net uit te skakel, dit nie te vervang nie. Soos graanflokkies. Ons het (ook by Pick ’n Pay) gluten vrye pap wat soos froot loops lyk gekoop, maar dit proe na niks. Dit proe na ... nee, dit proe net na niks.


Beter om dan eerder net die graanflokkies-tipe-pap te los.

Blykbaar is dit beter om brood ook net te los.

Botter, is ’n no-no ... botter is suiwel. Igie vra nogal waarvan word botter gemaak. Dit is ’n voordeel wat plaaskinders het ... of gehad het, ek weet nie of vandag se plaaskinders steeds weet hoe om botter te maak nie?


Ons het. Ons het beurte gemaak om die draaier so om en om en om en om te draai. Gelukkig is YouTube daar, nè? Kom mamma wys julle gou op my foon hoe dit gemaak word.

Hoe lyk ’n krap in ’n skilp Mamma? Kom sit gou hier langs my, dan Google-image ek dit vir jou.


In elk geval. Ek braai vleis in die pan dat dit lekker warm en smaaklik is met kruie en goeters wat ons mag eet en dit ruik heerlik! Ek sit dit op ons hot dog rolls en ons is heel opgewonde ... ons hap ... ons kou ... ons kyk vir mekaar ... Igie se oë is groot ...


“Mamma, kan ek maar net die vleisies eet?”


Soms is dit beter om raad te volg.

Ek dink gluten en suiwelvrye witbrood, is uit. Dit lyk soos brood. Dit voel soos brood. Dit proe ... nie soos brood nie.


Daar is seker ’n rede hoekom meel van koring gemaak word en botter van beesmelk, nè?


(Die bostaande blog plasing bevat alleenlik die opinie van die skrywer en die skrywer word nie vergoed deur die maatksappy/e of produkte genoem in die blog plaasing nie)




Comentários


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page