top of page

Fiela se kind. (of Nina?) (Of Anria se kind, Nina) ?

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Jun 20, 2019
  • 1 min read

Vir die wat my ken, is dit geen geheim dat Dalene Matthee my gunsteling skrywer is nie. Sy is, en sal altyd wees. Dit is hoekom ek my siel gaan soek het in die Knysna bos. Ek het vir haar gaan kuier …


Toorbos, my gunstelling boek. Ek het gehoor dit word verfilm! (Ek wag in spanning, want hulle beter vir Karoelina reg kies.)


Danel, met haar lieflike deurmekaar hare het my nog altyd aan Nina laat dink, van die ou / eerste Fiela se kind film. Sy’t my al soveel maal gevra hoekom noem ek haar ‘Nina’ – nie alleen omdat dit so oulik oor my tong rol nie … “Danel, Danina … Nina …”, maar ook oor die hare.


Ek wil so bitter graag vir haar die (ou) film wys, maar dit is oral waar ek kyk en soek “out of stock”.


So, verbeel jou my uitroep van dankbaarheid toe my nig (dankie Lorika) my ‘n skermskoot stuur dat daar ‘n nuwe film uitkom, September. So my verjaarsdaggeskenk aan my self gaan wees ek en Danel gaan Fiela se kind kyk. Al is die nuwe Nina se hare … wel, bietjie té netjies.


(Igie mag saamkom, as hy wil. Maar vanoggend het hy oorfone op, en sy top se kappie oor sy ore en as ons met hom praat wys hy net hy kan ons nie hoor nie. Hy is nou cool. Ek weet nie of cool seuns saam met hul ma en sussie gaan fliek nie?)


Maar Nina se hare. Ek trek my skouers op. Gelukkig is google daar, so Danel kan darem sien hoekom ek haar ‘Nina’ noem.





Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page