top of page

Hart Mark

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • May 23, 2019
  • 2 min read

Aangesien die verkope van die GROENHEIDE BOEKE by die Hartbeespoort Herfsmark bo my verwagtinge was, het ek en die uitgewer gesels en dit goedgedink om na nog markte in die omgewing te kyk.


Ons het reeds aansoek gedoen en is goedgekeur vir die Hartbeespoort Kersmark! – maar ons het gedink om te soek vir iets in Mei/Junie/Julie …


Ek is elke eerste Saterdag van die maand met die boeke by Beetroot at Santai, in Brits en ek moet net noem dat die atmosfeer daar ongelooflik is. Rustig, kunstig, onspannend en die kos is heerlik. (Die volgende datum is 1 Junie, as jy dit dalk op jou almanak wil merk.)


In elk geval … ek soek toe rond op FB en ek google en daar is verskriklik baie uitpak markte in Pretoria. Sjoe! As ek nou baie tyd en petrolgeld gehad het, kon ons byna elke week by ‘n ander uitpak mark die boeke uitgestal het.


Maar ek sien toe dat net hier om die draai van waar ek werk, is die Harties Lifestyle Centre en dan daar, die Hart Mark.


Ek gaan op FB, kyk – WOW! Wie was al daar? Wat het julle daarvan gedink?


Ek is vreeslik opgewonde en gaan kyk op hul webblad. Dit is ‘n uitpak mark, net … permanent! Dit beteken dit werk presies soos die Herfsmark het, dit hou net nie op nie. Al dag wanneer dit toe is, is Kersdag.


So ek praat met my uitgewer, ek maak vir hom sommetjies – (dit was nogal ‘n risiko, want ek is wragtig nie goed daarmee nie) – en ek gaan sien die baie vriendelike dame oor die boeke. Sy is ook dadelik opgewonde want, daar is nie soortgelyk boek wat daar uitgestal word nie, en wie hou nou nie van lekkerlees romanses nie? Sy waarborg my dadelik haar ma sal ons eerste klient wees en vra hoe gou kan ek die boeke vir haar bring?


Gou genoeg.

Dit is daar!

Gaan kyk … en kom vertel vir my wat julle van die Hart Mark dink.




Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page