top of page

Katrien

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Jan 21, 2019
  • 2 min read

Soms het ’n storie, of die idee agter die storie ’n baie diep betekenis vir my. Soms sit ek net en iemand sê iets en dan spring daar self sulke opgemaakte mense in my verbeelding in en vertel self aan my hulle storie.


Elke storie wat ek skryf is uniek t.o.v waar die idee vandaan kom en of die karakters op regte mense gebaseer is. Dis nooit dieselfde. Dit kan een werklike karakter wees met tien opgemaaktes, of almal kan op iemand wat ek ken gebaseer wees.


Katrien is vir my ’n spesiale storie. Ek het niks ingemeen met Katrien nie. Ek het nie soos sy grootgeword nie en ek deel beslis nie haar vrese of drome – of die drome wat sy gehad het voor sy gaan bergklim het nie.


Wat ek deel met Katrien is haar liefde wat sy ontdek vir die natuur, rustigheid en die dieper betekenis agter alles.


Katrien is vir my ’n spesiale storie, want dit raak mense. Byna elke persoon wat nog die boek gelees het, het vir my ’n privaat boodskap gestuur en vertel hoeveel die boek vir hulle werd is.


Een sin, word ’n storie vir my. Ek weet nie hoekom ek die rede gekies het hoekom Katrien gaan bergklim het nie. Ek het reeds kinders gehad. Miskien juis omdat ek reeds kinders gehad het en geweet het hoeveel dit jou lewe verander. Ek wou nooit kinders hê nie, maar ek was bitter-bitter bly toe ek swanger geraak het met Igie. Hy het my lewe gered.


Miskien juis daaroor, het Katrien besluit om te gaan bergklim. Die einde, wel ... dit was selfs ’n verrassing vir my! Dis nogal lekker om myself te verras met my eie stories. Dan weet ek dat die leser dit nie kan voorspel nie! (of ek hoop so . . . )


Katrien het begin met ek wat iemand in gevaar gesien het en dan help iemand haar wat sy oorspronklik gedink het haar leed gaan aandoen. Toe ek aan daardie idee begin kou het, het die storie baie mooi en maklik ditself geskryf.


Katrien is een van my gunstellinge. Die bot, onbeskofde bergman-buffel, een van my gunstelling mans!




Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page