top of page

...maar, ek sukkel nie?

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Dec 7, 2018
  • 2 min read

Updated: Jan 18, 2019

Ek kon nog nooit met volharding sê wat ek eendag wil wees wanneer ek groot is nie. Soms wonder ek steeds. Alhoewel skryf nog altyd ’n passie was vir my, het ek nooit gedink dat ek dit so goed doen dat ek daarvan ’n lewe sal kan maak nie. Die lewe het in elk geval ander planne met my gehad en het ek lank soos ’n dobbertjie op die see rondgedrentel.


As ek tyd kon terugdraai, sou ek op skool bly en my bes doen, geld smeek by die naaste persoon, Universiteit toe gaan en net tenminste iets van Afrikaans gaan leer!


Op skool bly. Vir die van julle wat my nie goed ken nie, ek het einde std. 7, dit is nou graad nege as ek nie verkeerd is nie, na Brits Kollege gegaan. Ek het my N3 sertifikaat daar ontvang. Die onderwyssers het my aangemoedig om verder te studeur. Wat ek het, met die hulp van ’n beurs en twee engele. Ek het my N6 Bestuursassistent Diploma.


O, iets waaroor ek julle nou al moet waarsku, as jul van plan is om my blogs te volg, wat ek regtig hoop gebeur, ek moet jul net waarsku ek is baie lief daarvoor om af te dwaal van die punt af. Dit het sy voordele, want so verklap ek soms dinge oor myself wat andersins nie sou uit nie.


Afrikaans. Ek het net Besigheids Afrikaans. Ek ken die helfde van die spelreëls nie. Ek het gedigte geskryf lank voor ek geweet het hoeveel verskillende digvorms daar bestaan! (Dankie, Pendoring, vir daai kennis wat ek nou het!) (Pendoring is op FB en daar is ’n digbundel waarin vyf van my gedigte gepubliseer is!)

My punt waarby ek wou uitkom is eintlik dat ek myself nooit as ’n skrywer gesien het nie. Skryf was vir my ’n stokperdjie, tydverdryf en manier om van baie onverstaanbare emosies ontslae te raak. Deur www.woes.co.za en na ek my  eie digbundel uitgebring het (en die digbundels waarin daar van my gedigte verskyn, soos INK en Brose Genade) het ek myself aanvaar as ’n digter.


Na ek egter by GROENHEIDE BOEKE geland het, na daar mense is wat actually my boeke KOOP en LEES en dink dit is die lees werd, het ek myself aanvaar as (digter en) skrywer.


Wat ek wel steeds mee sukkel, is dat ek nie inpas in ander skrywers se boksie nie. Daar is baie Facebook groepe waaraan ek behoort en as die skrywers begin kla hulle sukkel met die plot, of ’n karakter, of skrywersblok ... dan frons ek, want stories en idees en woorde vloei by my vingers uit soos ’n nimmereindigende woorderivier ... dis tyd - al wat my keer om ’n boek ’n maand te skryf, is tyd! Het iemand nie dalk vir my ’n borg nie? Iemand wat my dalk wil betaal om te skryf?


... nie? Ag, dis maar ook reg. Ek geniet my manier van dinge doen, al is dit so anders as ander.  



Ek het myself aanvaar as (digter en) skrywer

Comentários


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page