top of page

Mamma, ek wil jou hare kam

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Nov 21, 2018
  • 2 min read

Die eerste maal toe Danel daardie woorde aan my sê, het my moed inmekaar getuimel. “Mamma, ek wil jou hare kam.” Ek is nie ’n persoon wat daarvan hou as iemand aan my hare vat nie. Terwyl dit vir ander lekker is as die vrou wat hul hare was by die salon sommerso headmassage inwerk, verpes ek dit! Selfs by die spa, terwyl dit my sussie en ma heeltemal ontspan wanneer hul die headmassage ontvang, is ek meer gespanne daarna as wat ek was voor ons spa toe gegaan het!


Maar met ’n meisiekind wat lief is vir mooi lyk, moet ek maar op my tande byt. Ek reken dit is bonding – die tyd wat sy agter my rug staan en my hare borsel, (Met hare brosel bedoel ek eintlik hare trek, en tydig 'n kap teen die kop of in die oog met die borsel) en wanneer ek haar sê dat sy maak my seer, reageer sy met “Maar ek kam sag.” Haar sag en my sag is nie dieselfde nie, maar ek byt op my tande.

Ek moet wel net noem dat hoe ouer sy raak, hoe sagter word haar sag. Soos gister, toe sy ’n blom in my hare wil sit. Hoe sê mens nee vir so iets? Blomme in die hare is dan vrolik! Toe sit ek maar geduldig, haar fyn handjies werk sag en sy is vol komplimente. “Mamma, jy gaan so beautiful lyk.”

Hoe dan anders? Met ’n blom in my hare moet ek mos mooi lyk! Veral as ’n pragtige meisiekind met ’n sagte hart dit met liefde in my hare vasknip.


Al wat toe nog moes gebeur het, is dat dit moes reën. Dink net, blomme in die hare, kaalvoet in die reën. Wat sal meer vrolik wees as dit?


Mamma, jy gaan so beautiful lyk


2 Comments


Anria Breed
Nov 21, 2018

Haha Shelley, dit het (darem) nog nie met my gebeur nie. Danel het wel al 'n kam heel netjies in haar eie kuif laat vassit. Terwyl sy gesit en TV kyk het, het sy dit so in die rondte gedraai - ek het baie lank gesukkel om die kam los te kry en was op die punt om vir haar 'n (te kort) kuif te knip!

Like

Shelley Van Rensburg
Shelley Van Rensburg
Nov 21, 2018

Levi geniet dit ook om mamma se hare te borsel en vir my is dit baie lekker as iemand met my hare speel maar voor ek weet het hy die borsel in my hare gekoek gekry, dan is dit 'n gesukkel om dit uit te kry.

Like
 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page