Mamma, is daar Gluten in?
- Anria Breed
- Nov 28, 2018
- 2 min read
Updated: Dec 11, 2018
Gluten? Wat is gluten? . . . wel, drie maande terug sou ek julle nie kon antwoord nie. Vir die wat (ook) nie seker is nie:
Gluten is 'n samestelling van stoorproteïene genoem prolamiene en gluteliene wat saam met stysel in die endosperm van verskeie graankorrels gestoor word. Dit word gevind in koring, gars, rog, hawer en verwante spesies en basters, sowel as produkte wat uit hierdie korrels verkry word.
Maklikste, koring is gluten. Enige iets wat koring (en die b.g. produkte) bevat, is gluten.
Hoekom is gluten sleg vir sommige mense? Wel, google beweer:
In mense met coeliakie veroorsaak gluten 'n immuunrespons wat die binnekant van die dunderm beskadig. Dit kan inmeng met die opname van voedingstowwe uit voedsel, veroorsaak 'n leër van simptome, en lei tot ander probleme soos osteoporose, onvrugbaarheid, senuweeskade en aanvalle ...
Hoekom is ons gluten vry? Hou hierdie blogs dop vir verdere inligting . . .
Na jare en jare se soektog na ’n sindroom om my kinders mee te diagnoseer, is ek steeds gelaat met onbeantwoorde vrae. Neroloë, genetiese spesialiste, homopate, gewone dokters . . . niemand kan my sê wat is ‘fout’ met my kinders nie.
En ek sê nie daar is iets fout met die bedoeling dat my kinders nie vir my goedgenoeg is nie, want hulle is. Ek sal hulle nooit verruil vir enige ander normale kind nie. O nee, hulle is vêr te interessant daarvoor!
Fout, bedoelinge dat hulle het n toestand waar daar 'n stel gepaardgaande simptome konsekwent voorkom. Igie se simptome is bietjie duideliker sigbaar en opletbaar as die van Danel, maar dit is daar, dieselfde by albei.
Daar het ’n wonderlike dr. Leon Nel my verwys na die ADD Lab. waar daar vasgestel is dat Igie op die ASD val. So GF, CF en GMOFree lewe is wat ons nou leef. (Hou aan om my blogs te lees vir die lyste en lyste rede waarom hierdie tipe non-toxic leefstyl sterk aanbeveel word!)
Maklik!
Makliker gesê as gedaan, makliker gedaan as vermoed. Igie vra reeds voor hy iets kies om te eet: “Mamma, is daar gluten in?” en ons is nog nie eers ’n volle maand op die dieet nie.
Dank die Vader daar is gluten vrye produkte daarbuite, soos GLUTAGON se Classic Flapjacks (wheat & gluten free pancake mix) – te koop o.a by DisChem. Heerlike, maklik om te maak flapjacks wat net soos enige ander selfgemaakte flapjack proe.
Nogal staan daar op die boks dat die oorskiet mengsel in die yskas gebêre kan word. Ek dink by myself, oorskiet mengsel? Nie maklik nie.
Ek maak en maak en daar kom baie meer flapjacks (nogal heel perfek) uit as wat ek vermoed het en die kinders kan elkeen net twee (gedoop in heerlike heuning) inkry. Beslis ’n weer-koop en volgende keer bêre ek maar die “oorskiet mengsel” in die yskas, dan kan ons die volgende dag weer heerlike warm flapjacks eet, met heuning wat daarvan af drup-drup-drup . . .
Ek sien GLUTAGON het ’n hele paar premix produkte. Volgende op my lys om te probeer is die Dairy & Gluten free bread mix. Sagte, gesonde witbrood. Kan mos net lekker wees?
(Die bostaande blog plasing bevat alleenlik die opinie van die skrywer en die skrywer word nie vergoed deur die maatksappy/e genoem in die blog plasing nie)
#gluten #glutenfree #flapjacks #glutacon #dischem #heuning #brood #breadmix #gesondheid #kos #gesondeleefstyl

Dit sal die moeite werd wees, dis lekkerder om lekker kos te eet as jy weet dit is gesond, haha!
En een van die dae gaan ons al hierdie heerlik lyk resepte self probeer ook!