top of page

Meer as genoeg

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Jan 14, 2019
  • 2 min read

Ek weet nie of ek ooit ’n miljoenêr sal wil wees nie. Goed, wie droom nou nie dat jy onwetend ’n skatryk neef van jou oupa in ’n onbekende klein land in Europa êrns het wat rustig sy laaste asem uitblaas en sy hele boedel, paleis ingesluit, aan jou oorlaat nie?

Ons almal droom soms daarvan om meer geld te hê as wat ons kan spandeer.

Ons weet almal om dankbaar te wees vir wat ons het. Ons almal vergeet soms wat ons het, maar ek is seker FB sorg dat ons sien hoeveel mense daarbuite is wat swaar het. Wat seer het. Stukkende, gebroke mense ... wat ook eens op ’n tyd genoeg gehad het.


In my lyn van werk, nie my siel-se-werk, skryf nie, my day job, moet ek gereeld hoor hoeveel huur besighede betaal en hoeveel miljoene rande nuwe uitbreidings / ontwikkelings kos. Dan kan ek nie help om te wonder hoe dit sal wees as mens meer as genoeg geld het nie. Ek kan dan ook nie help om vir myself te lag nie, want ek glo nie ek sal weet wat om met soveel geld te doen nie.


Miskien sal ek dit weggee en dan het ek nie meer baie geld nie?


Maar die waarheid is, ek het reeds meer as genoeg. ’n Mens het alles wat jy nodig het, nie waar nie? As jy asemhaal, as jou maag vol is en jy het klere aan jou lyf, het jy alles wat jy nodig het. Is ons nie op aarde geplaas om eintlik met die minimum, die eenvoud, te lewe nie?

(Is dit nie juis hoekom ons kan oorleef sonder gluten en suiwel nie? Die bestandele wat brood en kie so-o bitter lekker maak?)


Die waarheid is, as iemand my ’n keuse gee tussen aan my tot op die sent toe te betaal wat ek nou verdien om heeldag net te sit en skryf, of honderd duisend rand per maand om nooit weer te skryf nie, sal ek met ’n baie groot glimlag net aanhou skryf.

. My kinders. My vriende. My familie. Mense wat my hart ken. My boeke. My talente. My geloof. My liefde. Ek mag die sonsak sien en die wolke voor die reën. Ek mag (soms) vars lug inasem en ek mag na die voëltjies luister wat vrolik sing. Daar is dinge wat kort, daar is dinge wat ons lewe sal vergemaklik.


Daar is drome en ideale wat bereik moet word, maar met Genade, moet ek erken . . . ek het meer as genoeg.


Karin Zoid sing nie verniet dat die eenvoud is so underrated, nie.




Ek sal, want wat ek het, is meer as genoeg...

留言


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page