top of page

My Lewe in 'n Tas

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Dec 12, 2018
  • 2 min read

Eendag, lank gelede het ek daarvan gedroom om op ’n bus te klim, sonder om vir iemand te sê en na ’n vreemde plek te gaan, waar niemand my ken nie. Ek het daarvan gedroom om sommer by ’n kaffetjie of so werk te kry en dan so onbeplan van my spaargeld en tips te lewe. Sonder om vir iemand te sê. Sonder dat iemand weet waar ek is.


Dit was lank voor ek kinders gehad het.


Ek het My Lewe in ’n Tas geskryf in 2004. Die eerste keer. Dit het toe baie anders gelees as nou, alhoewel die storielyn dieselfde was. Ek het dit vir my Vriendin wat nog altyd heel eerste my boeke lees, Lindie, gegee. Sy moet elke boek wat ek skryf oordeel. Ek vertrou haar tenvolle. Sy moet die ja dis reg, of die nee skryf oor oordeel maak. (Ek wag nog dat sy sê skryf oor, sy het nog nooit.)


Toe sy die boek vir my die dag teruggee het sy dit na my gehou, maar nie laat gaan toe ek dit by haar wil neem nie. Sy’t gesê: “Anria, kyk in my oë.” Ek het. “Slaan jou man aan jou?”

Ek het kliphard gelag. “Nee Lindie. Ek belowe hy slaan nie aan my nie.” (Hy het nie. Regtig egtig hy het nie.)


Waar ek op daardie stadium in my lewe aan die gebeure wat in die boek plaasvind gekom het, weet ek nie. Miskien was dit emosies wat ek in dade wou omsit? Miskien was dit net my verbeelding, wie weet? Wat ek weet is dat ek dit baie oortuigend geskryf het – want jare later het ek ondervinding opgedoen in soortgelyke gebeure. (Nee, ek het nog nooit iemand geskiet nie!)


Oorskryf en oorskryf en toe later uitbrei en instuur na NB en LAPA wat sê NEE, het GROENHEIDE ja gesê en nie verander daaraan nie. (Ek was verbaas!) Dankbaar dat ek dit met die wêreld mag deel, omdat ek weet daar is baie vroue wat worstel met dieselfde emosies en skuldgevoelens as Miena. Vergifnis is iets wat mens nie maklik voor vra of uitdeel nie, maar iets waarsonder jy nie maklik aanbeweeg nie. (Al vlug jy van jou omstandighede. Die waarheid bly my jou.)


Wat is die belangrikste boodskap wat ek graag wil oordra aan die leser met My Lewe in ’n Tas?


Dit is dieselfde as die boodskap wat op my arm getatoëer is. Fly. F.L.Y. First Love Yourself.

Vergewe jouself vir wat jy gedoen het voor jy geweet het wat jy nou weet.


Ek het My Lewe in ’n Tas geskryf in 2004

Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page