My Tien Sent Werd (The Lion King)
- Anria Breed
- Aug 15, 2019
- 1 min read
Ek en my goggas het Saterdag wat verby is The Lion King gaan kyk. Wat 'n wonderlike ervaring! Wie het dit gesien?
Wie het dit nog nie gaan kyk nie?
GAAN. Nou.
Dit is deur en deur die moeite werd.
Het ek gehuil? Natuurlik. Ek en Danel. Sy't sommer hierso onder my arm ingeklim en gesnuk en hartverskeurend gehuil. "Dit was nie sy skuld nie!"
Het ons gelag? Baie! Daar was nie een oomblik van teleurstelling nie. 'n Minuut in die prent het ek geweet dit is die geld werd! Dit is ongelooflik goed gedoen en al maak 3D soms my kop bietjie seer het ek dit nie die keer so ondervind nie.
(Miskien was dit omdat die vorige 3D film wat ek gekyk het drie ure lank was??)
In elk geval. Ek sal bitter graag wil weet hoe hulle dit gedoen het. Ongelooflik en puik is al waaraan ek kan dink. Realistiese vertolking van 'n storie uit my kleintyd. Die veranderinge wat aangebring is is reg hanteer en voel ek dit gee die storie net meer ... geloofwaardigheid. (Nie 'n woord wat mens eintlik by 'n kinderstorie sal gebruik nie, of hoe?)
Die sang is puik. Timon en Pumbaa is fantasties en hul grapperige self - en daar is selfs 'n paar slinkse opmerkings ingebring waarvoor jy fyn moet luister.
Nee, ek beveel dit aan ... ek beveel julle om te gaan kyk!
Ek sal dit sommer weer gaan kyk.
Sommer Saterdag.

Comments