top of page

'n Broodjie in die Oondjie

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Dec 5, 2018
  • 2 min read

Updated: Dec 11, 2018

Nou ja, na my suksesvolle Flap Jacks ondervinding, het ek vol moed die bak van ’n gluten en suiwel vrye sagte witbrood aangepak. Heel opgewonde en positief reken ek my kinders gaan so trots op hulle ma wees as sy vir hulle varsgebakte witbrood wat hulle mag eet, saam met sop gee vir aandete.


Net om te noem, in my lewe het ek nog nooit self brood gebak nie. Ek het al van daardie reedsaangemaakte deeg by Pick ’n Pay gekoop en bolletjies gemaak in die oond, wat goed uitgekom het. So ek het gereken dat die premix mos dieselfde effek is?


Ek lees die instruksies agterop en merk dat mens die mengsel vir drie minute met ’n elektroniese klitser moet meng, met net een klitser aan. Probleem. My elektroniese klitser het onlangs die gees gegee. Nou ... ek was baie beïndruk met die klitser aangesien dit om en by veertien jaar oud is. Ek jok nie. Dit kan wees omdat ek so bitter-bitter min bak, of dit was net ’n goeie klitser. Ek het dit meestal net gebruik vir pannekoek.


O, ja ... pannekoek kan ek maak sonder moeite! Ouma se resep. Dit is ’n wenresep. Dit flop nooit!

Ek reken, ’n handklitser is seker net so goed soos een elektroniese klitser?


Ek meng al die bestandele saam, neem die handklitser en ... nee. Die handklitser wil nie draai nie. Nou wat nou? Goed, ek reken as ek die deeg baie vining roer met ’n houtlepel, sal dit werk? Ek meen, dit is mos reeds soortvan gemeng?


So ek roer en roer en naderhand smeer ek my hand vol botter en maak soos ek kan onthou my ouma het altyd toe sy brood gebak het en ek knieg die deeg so te sê tot dit lyk soos die deeg wat mens in die winkel sal koop.


Lees die instruksies vêrder, plaas die deeg in die pan, plaas die pan in die mikrogolfoond en wag. Die boksie lees 25 minute dan sal die deeg om en by 3 cm gerys het.


Na meer as ’n halfuur het die deeg seker 1 cm gerys.


Goed, die kinders het teen die tyd al iets anders geëet en gaan slaap met die belofte van my dat hulle lekker gebaktebrood en eiers vir ontbyt sal kry.


Ha! Toe nie. Die brood het heerlik bruin gebak ... aan die buitekant. Die binnekant was nog rou na die 30 minute wat dit in die oond moes wees plus nog 15 minute daarna, plus ek het die korse afgesny en dit weer teruggesit in die oond.


Rou het dit gebly.


Ek weet nie of dit die hand-klitsers-hout-lepel-knieg-deel was, of die feit dat dit nie 3 cm gerys het nie?


Wel, Igie was baie ongelukkig met my.

Mamma kan nie brood bak nie, jammer my kind. Net eiers vir ontbyt?


(Die bostaande blog plasing bevat alleenlik die opinie van die skrywer en die skrywer word nie vergoed deur die maatksappy/e genoem in die blog plasing nie)



Die brood het heerlik bruin gebak ... aan die buitekant


Коментарі


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page