top of page

Net 'n mens.

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • May 16, 2019
  • 2 min read

Net ‘n mens. Ek is net ‘n mens. Net ‘n vrou. Nee, ek is nie net ‘n vrou nie, ek is VROU! Ek is tenvolle vrou, maar ek is mens. Na my vreeslike skrik kan ek nou terugkyk en dink dat ek het miskien net ‘n doodnormale angsaanval beleef?


Wat dit ookal was, dit was nodig. Die aanvullings werk, ek voel stukke beter! Ek slaap beter. Alles is net beter. Ek het my begrafnispolisse opdateer en my testament. Sien, sulke goed gebeur met ‘n rede. Ek het ook besluit om my eie oë te laat toets. Ek is so gefokus op Igie s’n en die onderdrukte vrees dat Danel dieselfde gesukkel gaan hê met haar oë, dat ek van my eie vergeet.


Ek praat gister met ‘n vriendin. My bril is ouer as Igie. Hy word September 10 jaar oud! Ek het my oë laas laat toets toe Danel een jaar oud was. Sy is 6. Dit is tyd!


Toe gaan ek en ek leer dat nie alleen is ek (net) vrou nie, maar ek is ook besig om oud te word. Haha! Wat ‘n voorreg! Ek het dringend ‘n nuwe bril, raam ingesluit, nodig. Nee, Anria het nie super-visie nie. Nee, Anria se oë kan net soos die meeste mense s’n verswak en ek kan myself gereedmaak, sê sy, dat ek gaan oorgaan na “multifocal” toe hier in my 40’s.


O – en dit is nie al nie! Raai wat? Anria se drukking agter haar oë is hoog. Nie net hoog nie, BAIE hoog! Igie se drukking was 21/22 toe hulle oor hom begin bekommerd raak het. Ons het lank gespook om dit by 18/19 uit te kry. Nou, met die nuwe leefstyl en geen gluten, het ons dit af na 13/14.


Anria s’n is 23/24!

Liewe genade?


Niks om oor te worry nie, ek moet dit net dophou want al die ander goeters wat saam dit werk is normaal.

Maar ek moet ongelukkig so gou moontlik die bril kry.


Goeiste. Ek moet baie boeke verkoop! Wie gaan help?



Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page