top of page

Net vir vandag...

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Aug 21, 2019
  • 2 min read

Dit was Riana Nel wat my patent gemaak het op die woorde … sy, met haar pragtige lied.


“So wys my jou hart waarvoor jy bang is en waaroor jy twyfel en neem nou my hand vee weg die trane vergeet al jou vrese en neem net een tree op ‘n slag en saam sal ons lag oor gister, want genade is net vir vandag genoeg.”


Die Bybel sê in II KORINTHIËRS 12:9

“… My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”


God se genade is genoeg vir jou, vir my, vir vandag. Vir elke dag.


Ek het lank geneem om hierdie … woorde, hierdie … stelling te verstaan. Om dit regtig te verstaan en vir myself te neem. Want mens moet goed vir jouself neem. Om werklik te glo dat iemand jou lief het, moet jy sy liefde vir jouself neem.


Om regtig te glo jy is ‘n Koningskind, moet jy God se Liefde vir jouself neem. Om sulke dinge, gevoelens en woorde, vir jouself te neem, maak jou nie selfsugtig nie.


Jy moet jouself eerste lief hê, want as jy jouself nie lief het nie gaan jy nie hierdie genade vir jouself neem nie. Want jy gaan nie verstaan dat jy dit verdien nie en jy verdien dit … jy!


Jy verdien dit omdat jy asemhaal. Jy haal asem omdat God jou gemaak het. Jy is Sy kind. Jy is dit werd.


Jy is ook God se genade werd.


Elke dag.


Tree vir tree, of … dag vir dag … ek moes dit ook leer. Om elke dag op te staan en nie net weer neer te val omdat jou lewe soos ‘n berg voor jou lê nie. Met die wonder hoe jy gaan oorleef tot die einde van die week, die maand … die jaar … nee!


Dink net aan vandag. Doen net wat vandag gedoen moet word en as jy dit nie gedoen kry nie, rus.


Rus en probeer môre weer, want God se genade gaan môre weer daar wees. Genoeg, vir môre. Elke dag nuut. Elke dag daar.


Ek moes vasklou hieraan. Dalk kan jy ook. Isaiah 30:15.



Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page