top of page

Ou nuus Part 1: Groen Skoene

  • Writer: Liza Krüger
    Liza Krüger
  • Aug 12, 2020
  • 1 min read

Ek sal graag wil sê dat dit is oor die inperking dat julle so lanklaas iets van my gehoor het, maar … wag, ons mag mos Covid blameer vir enige iets?


Vergeet om ‘n e-pos te stuur? I am working remotely.


Nie die foon geantwoord nie? I was under quarantine.

Hoe dit ook al sy, danksy my sussie en haar motivering gaan julle ook weer meer gereeld van my hoor.

Sal seker moet begin by die ou nuus? My boeke wat uitgekom het tydens die lockdown … die boeke wat GRATIS aflaaibaar is op www.groenheide.co.za


Laat ek by Groen Skoene begin. Ek het Desember so lekker vakansie gehou en die wonderikste mense ontmoet daar by my moeder op Pumula. My ma se vriendin, Marlene, is iemand wat ek sommer ook dadelik kon liefkry. (Dit het dalk so bietjie te doen met die feit dat sy ook lief is vir rooiwyn en mal is oor my boeke, en omdat sy so goed is vir my ma.)


Ek het ook die interessantste oom ontmoet toe ek en Robert een oggend net voor ses alleen gaan swem het by Umtentweni. Sy stories en my verbeelding het die kolletjies in ‘n lieflike storielyn verander waar Marlene in my skoene vakansie hou. Met ekstra draaie en kinkels in het sy verlief geraak op die opgemaakte, gluten vrye seun van die onbekende oom wat ek in die see ontmoet het.


O! En die vullis, wat die see uitspoeg, en uitspoeg, en uitspoeg … soos sy seker enige iets wat van die mens af is, sou wou uitspoeg …




 
 
 

Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page