I love a little too much
- Liza Krüger
- Aug 13, 2020
- 1 min read
Almal waarsku mens altyd oor as die woordjie TEVEEL voor n woord kom.
"Teveel geeet"
"Teveel gedrink"
"Teveel gekoop"
"Teveel gelag" (maar dis lekker)
"Teveel geslaap" (die een ken ek nie)
Maar my grootste Teveel is voor die woordjie Liefde. Ek gee en raak te vinnig en teveel Lief vir mense. Ek vertrou en glo so maklik. En dan kry ek meeste van die tyd te-seer!!!!
Ek is te lief vir my man en kind, ek sal altyd die laaste of lekkerste kos vir hulle gee. Ek sal altyd eerder kyk op tv wat hulle wil of gaan slaap wanneer hulle wil. Ek staan altyd eerste op en dra als agter hulle aan.
Ek sal laaste bad dat hulle die warm water kan he. En ek sal maar eerder takeaways by hulle gunsteling plekke bestel.
As ek iemand ontmoet en hulle is vriendelik dan is dit maklik om hulle te glo en te vertrou.
Familie en vriende se beloftes glo ek, ek hoop vir daai kuiertjie of eendag se uitgaan.
Ek sal my laaste geldjies gebruik om iemand te kan te bederf. Of vir n ete te betaal. Sonder dat ek iets terug verwag.
En dan as ek in die hospitaal bed le met n pasgebore babatjie, alleen, sonder een onverwagste versoek of n enkele blom of geskenkie.
Of ek verjaar of my seuntjie verjaar, sonder daai persentjie of gelukwens.
En as about 5jaar verby gaan sonder dat enige iemand vir ons kom kuier.
Dan besef ek...
Ek lief 'n bietjie teveel!!!
Comments