Ras en Geslag
- Anria Breed
- Mar 26, 2019
- 2 min read
Ek is nie skaam om myself ‘n Christen te noem nie. Inteendeel, ek is trots daarop!
Wat ek my uiterste bes wil doen, is om nie te oordeel nie. Ek dink ook nie ek weet beter as ander mense nie. Ek is baie open minded en is ‘n baie (ge)maklike mens om mee te gesels.
Een ding wat ek wel nie my kop omgedraai kry nie, is die nuwe terme wat heeldag en aldag in die nuus is. Genderless.
Celine Dion (en ander Hollywood bekendes) het blykbaar nou besluit om hul kinders genderless groot te maak. Huh?
Dan lees ek ook dat Captain Marvel, (waarna ek vrek-vreeslik baie uitsien!!! (Go Marvel!!!)) ‘n feminist film is. Hoekom? Hoekom ‘n plakker plak. Hoekom kan dit nie net nog ‘n uitstekende superhero fliek wees nie?
Hoekom mag ‘n mens nie net embrace waarmee jy gebore is nie? Of jy nou in God glo of nie. Hoekom kan jy nie net wees wat jy is, tenvolle nie? Hoekom moet dit altyd gaan oor ras en geslag. Hoekom as daar ‘n nuwe fliek uitkom wat se projekteurde syfers lyk of dit biljoene gaan maak, moet daar altyd kretiek gelewer word oor die ras of geslag van die akteurs. Dit maak nie eers saak wat die kleur van die vel is van die hoofakteur nie, daar is altyd hordes mense wat bitter ongelukkig is oor iets.
Hoekom as jy as ‘n vrou gebore word, kan jy dit nie net embrace nie? Dit is ‘n fantastiese voorreg om ‘n vrou te wees! Maar dit beteken nie dit maak jou beter as enige ander persoon nie. Dit beteken definitief nie dit maak jou beter as ‘n man nie.
Dit gaan nie vir my oor LGBT nie. Dit gaan vir my oor jy is gebore as ‘n geslag, as ‘n kleur, as deel van ‘n nasie in ‘n land. Ironies genoeg, Lady Gaga sing Born this way en haar grootste aanhangers is die mense wat nie gemaklik is waarin hulle gebore is nie.
Hoekom? Hoekom kan jy nie net aanvaar jy is born this way en dit embrace nie? Hoekom altyd issues maak. Hoekom altyd kritiseer? Hoekom daarteen stry? Hoekom nie die beste maak van die voorreg waarmee jy gebore is nie?
Kyk, ek sal nooit kan verstaan – en ek maak nie of ek verstaan nie, maar ek sal nooit verstaan hoe dit moet voel om te voel jy is vasgekeer in ‘n liggaam van die persoon wie jy nie is nie maar hoekom moet dit so oorspoel in die allerdaags in? Hoekom elke liewe storie wat uitkom uitmekaar ruk en uitwys of is die persoon ‘n LGBT of wit of swart of Chinese of Indiër of man of vrou? Hoekom kan ‘n mens nie net ‘n fliek kyk omdat dit ‘n goeie storie is nie? EN hoekom moet dit goed wees omdat die hoofakteur ‘n man is. Of omdat die hoofakteur ‘n vrou is. Of wit is, of swart is … hoekom kan dit nie net wees nie?
As iemand ‘n goeie akteur/aktrise is, kan die persoon nie net goed wees omdat sy of hy haar- of homself is nie? Moet dit wees omdat die persoon ‘n sekere ras of geslag (of dalk geen geslag???) is …
#bornthisway #ladygaga #genderless #embraceyourself #justbeyou #anriasestories #blogger #groenheide #ekleesheideroos

Comments