top of page

Selfbeeld Roomys.

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Feb 27, 2019
  • 2 min read

Ek het toe self die coconut roomys gemaak. Nooit in my lewe gedink ek sal kan nie. Iets wat hierdie nuwe leefstyl van ons my leer, is dat (ek) mense geneig is om nie in hulself te glo nie.


Oor die algemeen bewonder ek in elk geval mense wat vol selfvertroue is. Selfvertroue is ’n baie aantreklike eienskap. Te veel selfvertroue aan die ander hand, soos enige ‘te’, is nie.


Ek het ’n paar jaar terug die woorde “own it” geleer. Eis dit op! Dit is soos ’n vrou en haar liggaam. Wanneer jy jou liggaam aanvaar en leer lief het, dan voel jy sommerso vanself mooier. Dan is dit nie eers nodig vir manlief om gereeld woordjies aan jou te fluister om jou te herinner dat jy pragtig is nie.

Vreemd genoeg, dat às jy jou eie liggaam aanvaar, gaan jy agterkom dat manlief jou net meer begeer.

Goed, so almal het nie ’n manlief nie. Dit is ook reg, want ons vrouens weet hoekom ons alleen is. (As jy nie weet nie, stuur vir my 'n e-pos en ons praat daaroor – maar ek is seker jy weet en jy hoef dit met niemand te deel nie. Dit mag jou geheim bly. Vir altyd.)


Wel, anyway ... dis waar my woorde inkom. Own it. Trek jou mooiste rok aan, al voel dit of dit net een doel het en dit is om elke rolletjie om jou middel te beklemtoon. Trek dit aan en own dit! Dis jy. Jy is perfek soos jy is. Glo in jouself. Onthou dat jy presies is wie God jou wou hê.

Wanneer jou hare die dag nie wil saamwerk nie. Own it!

Wanneer jou bene te wit is maar jy kry warm, trek ’n kortbroek aan en ownt it!

Stap vol selfvertroue, ken in die lug, skouers terug ...


Roomys.

Die stukkie moet eintlik oor die roomys gaan. Wie is bewus van hoeveel werk dit is om jou eie roomys te maak sonder ’n roomysmasjien? Wie het dit al gedoen? Dit is nie moeilik nie, dit is eintlik heel eenvoudig en my brein het al in alle rigtings ingehol oor al die verskillende geure waarmee ek kan speel ... maar o wee, dis baie werk. Ook nie harde werk nie, dis net BAIE. Jy moet iets verhit en smelt en laat afkoel, sit dit eenkant, roer die volgende, laat dit afkoel, meng saam ... verhit, laat dit afkoel ... dis ure en ure se warmmaak, meng, afkoel, meng, warm maak, vries ...

Maar dit was die moeite werd. Ons drie’tjies het die roomys sommer met eenslag opgeëet!





3 Comments


anriabreed
Mar 07, 2019

Liza, jy laat die prentjie werklik volledig klink!

Tiana, Nig ... laat weet wanneer julle weer in die omtr-land is. Dan sorg ek dat ek maak ♥

Like

tiana.burger
tiana.burger
Mar 06, 2019

Mmmm, ek sou graag wou proe!! Klink heerlik!! ;-)

Like

Liza Krüger
Liza Krüger
Feb 27, 2019

As ek daai wit bene wys en hare wat staan soos dit wil met 'n perfekte rokkie, moet ek darm seker ook 'n roomys gaan koop om die prentjie te volledig :)

Like
 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page