Skoenpolitoer
- Anria Breed
- Feb 12, 2019
- 1 min read
Interessante naam, is dit nie? Skoenpolitoer vir die Liefde. Wat het skoenpolitoer en liefde met mekaar te doen?
Wel, ... my nuutste boek is eersdaags beskikbaar en dan sal ek daaroor kan uitbrei. Wat is net so opwindend as die nuus dat my derde Heideroos Romanse deur Groenheide Boeke uitgebring gaan word? Die feit dat dit op 2 Maart 2019 by Brits Dienssentrum se Veiling & Markdag te koop gaan wees!
Dis reg ja, ek gaan ’n stalletjie daar hê met al 10 jy lees reg, tien Heideroos Romanses wat reeds beskikbaar is.
Kom maak gerus ’n draai vir wonderlike, splinternuwe lekkerlees boeke te koop teen goeie pryse.
So as die nuuskierigheid brand maar skoenpolitoer nie na liefde lyk nie, kom koop gerus my nuutste boek en lees van Braam, met sy kaggelstem en kleine, baba Luna wat haar ma se lewe omvêrgooi.

댓글