top of page

Tussen (Deel 1) en (Deel 2)

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Aug 1, 2019
  • 2 min read

Update: Ek het nooit geweet ek sal die skryf van ‘n kinderboek so baie geniet nie.


Dankie vir almal wat help met die … woorde … want ek het onlangs besef ek is oud. Nie stok-oud nie, maar beslis oud. (Ons was by ‘n Bok van Blerk optrede. Ek moes voor in die koor staan [haha, jammer, ek moes] by die kinders en soos ek die mense om my waargeneem het het ek besef ek is oud. Want, onder andere, ek het na Bok gekyk met my oë, nie deur my foon, soos die kinders om my nie)


Oor my vorige blog. Ek wil dit net daar buite sit dat ek nie dink ek is die enigste mens op aarde met probleme nie. Ek skryf eintlik die blogs om julle almal te laat weet dat daar ander mense ook is wat “sukkel” om te cope … en dalk, net dalk blaas ek bietjie hoop in julle lewens in. Wie weet?


Iemand het onlangs so met een slag al vier my romanses gekoop. Na sy dit verslint het, het sy my terugvoer gegee wat my met hoop gevul het. Sy het ook gesê dat ‘n ander skrywer wat sy volg vra dat wanneer mense haar boeke lees, hulle vir haar terugvoer moet gee met hulle gunstelling reëls uit haar boek. Ek het toe reëls uit twee van my boeke by haar ontvang. Dit was nogal treffend, want ek kan presies onthou toe ek daardie spesifieke reëls geskryf het en hoe ek daartydens gevoel het. Ook hoe ek daaroor getwyfel het … moet ek dit inlos, moet ek dit uithaal? ? Wys net. As ek dit uitgehaal het, was dit nie daar om iemand se gunstelling reëls te wees nie.


Moet nie so in jouself twyfel nie. Jy is beter as wat jy dink. Jy is meer werd as wat jy ooit sal kan droom. Onthou hoekom. Jy is ‘n Koningskind.


Glo in jouself, want jy is dit werd.



Comments


 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page