top of page

Voëltjiekos is toe lekker

  • Writer: Anria Breed
    Anria Breed
  • Dec 11, 2018
  • 2 min read

’n Grappie wat vir my nog altyd baie snaaks was, is die oor baba amandels. Dit is soos die eindlose grappies oor die vegitariers wat die vleiseters se kos eet. Mense moet nie amandelmelk drink nie, net baba amandels mag!


Selfde met mense wat so vreeslik behep is met saad. As jy by fancy mense ’n slaai eet, dan is daar saad in. Saad is vir voëls man, nie vir mense nie!


Toe is die grappie die hele tyd op my.


Met ons nuwe leefstyl drink ons mos nou heerlik aan die baba amandels se melk. Daar is tot sjokoladegeur amandelmelk, wat nogal lekker is! – ook, verstaan ek nou hoe belangrik is voëltjiekos. (en hoeveel ekstra tekstuur en smaak dit aan kos bied)


Goed met kosmaak was ek nog nooit, geen wonder Igie het nou-die-aand heel verstom langs my kom staan terwyl ek besig was om maalvleis en rys te kook, diep ingeasem en gesê: “Die kos ruik lekker. Lyk my Mamma begin nou ook lekker kos maak.”


Haha. Snaaks.


Nee, dit is regtig snaaks gewees. Ek het lekker gelag. My ma het Maandagaand ook gelag toe ek vir haar ’n resep wys. “Ek kan nie glo jy van alle mense kyk na resepte nie.”


My doel is om eendag soos in geen ‘processed foods’ te koop nie, ook geen premix nie ... maar die dubbel sjokolade gluten, GMO, suiwel, kleursel en preserveermiddel-vrye muffin mengsel is dan so maklik om te bak! Die boks is 100% herwinbaar en daar word vier verskillende maniere agterop gespesifiseer hoe jy ekstra lekker muffins kan bak!


Ek het natuurlik nie alles wat mens kan gebruik in my koskas nie, maar wat ek het, is voëlkos! ’n Hand vol saadjies binne die premix en ta-ra! Heerlike sjokolade en voëltjiesaad muffins! ’n Boervrou kan ook ’n plan maak.


(Dis nie regtig voëltjiesaad nie. Dit was ’n opgebreekte granola bar wat ouma Henda vir die kinders gemaak het, met alle gluten vrye produkte.)


(Die bostaande blog plasing bevat alleenlik die opinie van die skrywer en die skrywer word nie vergoed deur die maatksappy/e genoem in die blog plasing nie)



Mamma begin nou ook lekker kos maak!

2 commentaires


anriabreed
11 déc. 2018

Haha, OK Sus. Ek sal spesiaal gaan koop vir julle!

J'aime

Liza Krüger
Liza Krüger
11 déc. 2018

Ek wil ook Vrydagaand voëltjie kos proe!

J'aime
 anria se stories 
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon

Teken in op my nuusbrief en ontvang nuus van nuwe boeke & blogs!

Proudly created by CSaw Designs

bottom of page